Die Rugbykampioenskap

Die Rugbykampioenskap
2024-Rugbykampioenskapreeks
Beskrywing.
Kenteken van die Rugbykampioenskap

Sportsoort Rugby
Gestig 1996 (as Drienasies)
2012 (as die Rugbykampioenskap)
Eienaar SANZAAR
Inwydingseisoen 1996 (Drienasiesreeks)
2012 (Die Rugbykampioenskapreeks)
Deelnemende lande Vlag van Argentinië Argentinië
Vlag van Australië Australië
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Aantal spanne 4
Mees onlangse kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (2023)
Verwante kompetisies Bledisloebeker
Mandela Uitdaagplaat
Poematrofee
Vryheidsbeker

Die Rugbykampioenskap (voorheen bekend as die Drienasiesreeks) is ’n internasionale rugbykompetisie wat jaarliks in die Suidelike Halfrond gespeel word tussen die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, onderskeidelik die Poemas, Wallabies, All Blacks en Springbokke genoem. Die kompetisie word georganiseer deur SANZAAR, ’n konsortium wat gestig is deur die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyunies; wat nou ook die Argentyne betrek. Die huidige kampioen is Nieu-Seeland, wat die 2023-toernooi gewen het.

Die Rugbykampioenskap is die opvolger van die Drienasiesreeks (1996–2011, 2020). In die media word na die wenner van die Rugbykampioenskap soms nieamptelik as die Suidelike Halfrond-kampioen verwys. As deel van Die Rugbykampioenskap word om die Mandela Uitdaagplaat, Bledisloebeker, Vryheidsbeker en Poematrofee meegeding. Nieu-Seeland hou die rekord vir die meeste toernooititels, met 20 titels. Hulle kon die ou Drienasiesreeks tien keer wen, gevolg deur Suid-Afrika met vier en Australië met drie titels. Sedert die Rugbykampioenskap in 2012 ’n aanvang geneem het, het slegs Argentinië nog nie die toernooi gewen nie.

Ten spyte van die groot tydsverskil tussen die lande (7,5 ure tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, en 5,5 ure tussen Argentinië en Suid-Afrika) is daar groot belangstelling onder al die ondersteuners wat die wedstryde op televisie volg wanneer hul spanne oorsee speel. Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika behoort tot die beste rugbylande wêreldwyd: Australië het die Rugbywêreldbekertoernooi twee keer gewen, terwyl beide Nieu-Seeland en Suid-Afrika dit drie keer elk gewen het. Volgens Wêreldrugby se ranglys is Argentinië, Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die vier beste spanne van die Suidelike Halfrond.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy